Om te kan lees is een van die grootste geskenke wat jy vir ’n kind kan gee.

‘n Aantal kinderboeke uit die SBA se stal is geskep met die doel om eg Suid-Afrikaanse kinderverhale vas te vang waarin jong lesers hulself en hul eie konteks kan raaksien en wat ook ‘n viering van ons eie landskappe is.

Die boeke is ook aangepas om leerders met leer- en leesprobleme te bereik deur onder meer oudioweergawes en animasie wat geskep is.

Die Kokerboom

‘n Tydlose oorspronklike verhaal deur die Deense skrywer Klavs Skovsholm.

Kokie en Sukie

Die verhaal uit die pen van Alae Hanekom, handel oor ‘n suikerbekkie en ‘n kokerboom.

Robbie die Rowwe Rot

Dié eg Suid-Afrikaanse storie neem lesers saam op die unieke avonture van ’n rot van Mitchells Plain.

Fatima

Die storie handel oor die avonture van jong Fatima, ‘n Moslemmeisie van die Bo-Kaap.

Ek vertel self

Stories is deur jong skrywers van regoor die land ingestuur en die topvyf…