Letterkunde-verering
Die SBA se literêre vereringsinisiatief huldig literêre ikone spesifiek binne hul gemeenskappe om sodoende plaaslike mense die geleentheid te gee om die prestasies van sodanige figure te eien en te vier.
Dikwels vind die erkenning van skrywers plaas by sentra in die groot stede en kry die mense wat aan die denke en uitsette van skrywers help vorm het, nie die geleentheid om hulde te bring en self ook erkenning te kry vir hul aandeel in die vorming van ‘n skrywer nie.
Ons Wenners!
Diana Ferrus
Ons Letterkunde-toekenning is in 2022 aan die internasionaal-erkende Suid-Afrikaanse digter, skrywer en aktivis, dr Diana Ferrus in haar tuisdorp, Worcester, toegeken. Die verering is deur die SBA in samewerking met die Breedevallei-munispaliteit en die Universiteit van Wes-Kaapland se Departement Afrikaans en Neerlandistiek aangebied.
Nathan Trantraal
Die bekroonde skrywer Nathan Trantraal ontvang in 2024 die SBA se Letterkunde-toekenning by die Universiteit van die Wes-Kaap. Nathan is een van die veelsydigste literêre stemme in Suid-Afrika: hy is ‘n digter, vertaler, illustreerder, dramaturg, toneelskrywer en rubriekskrywer. Hy het reeds drie digbundels, vier grafiese romans en ‘n versameling rubrieke en essays geskryf. Sy nuutste grafiese roman, “Die Man Wattie Kinnes Vang”, is in 2024 gepubliseer.


