SBA Chemie

’n Toevoeging tot die Stigting vir Bemagting deur Afrikaans (SBA) se belegging in die onderwys, sluit sedert 2017 ‘n fokus op geletterdheid binne die sfeer van wetenskapontwikkeling in.

Die Chemie-projek is ’n inisiatief om wetenskap as vak te ontwikkel en te bevorder deur middel van laboratoriumblootstelling vir onderwysers en leerders.

Rondreisende werkwinkels is aanvanklik aan spesifiek laerskoolleerkragte in samewerking met SUNCOI (die Universiteit Stellenbosch se Chemie-uitreikinisiatief) aangebied. ‘n Spesiale handleiding vir praktiese eksperimente asook ‘n volledige wetenskapkissie is by die werksessies uitgedeel.

Hoërskoolleerders het die geleentheid gekry om tydens ‘n dag lange laboratoriumsessie by onderskeidelik die Universiteit van Stellenbosch en die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) ‘n voorsmaak te kry van wat hulle in hierdie studieveld te wagte kan wees.

Dié werksessie was gefokus op die graad 12-leerplan. Weens ‘n gebrek aan laboratoriumgeriewe by bepaalde skole, was hierdie ervaring van onskatbare waarde vir die leerders.

9 Episodes: addisionele onderrighulpbron

Video’s van die laerskoolwerkwinkel se praktiese eksperimente is in 2021 opgeneem en hier beskikbaar as addisionele hulpbron vir opvoeders en leerders. Die aanbieder is wyle dr Rehana Malgas-Enus van SUNCOI wat die fasiliteerder en aanbieder van die SBA-chemieprojek se werkwinkels was.

Inleiding Eksperiment 0 – Afr

Eksperiment 1 – Afr

Eksperiment 2 – Afr

Eksperiment 3 – Afr

Eksperiment 4 – Afr

Eksperiment 5 – Afr

Eksperiment 6 – Afr

Eksperiment 7 – Afr

Eksperiment 8 – Afr