Die SBA vier Adam Small se lewe en werk in 2026
Die SBA vier Adam Small se lewe en werk in 2026 – die jaar waarin hy 90 sou word, en reeds tien jaar gelede oorlede is – met ’n spesiale teaterproduksie. Vier jong dramaturge het die opdrag gekry om vanuit hul eietydse konteks met Small se werk in gesprek te tree. Alhoewel daar ’n 60 jaar tydverskil is tussen die dramaturge met Small toe hy Kanna hy kô hystoe geskryf het, is daar ten opsigte van temas, intertekse en teaterkonvensies interessante raakvlakke en uitdagende vrae. Deur hierdie besonderse projek van herverbeelde toneelwerke wil die SBA dié ikoon van die Afrikaanse letterkunde eer.
Die tekste kan gratis gebruik word.
