Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans
Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) is ‘n voetspoororganisasie wat help om geletterde, selfonderhoudende en omgewingsbewuste gemeenskappe deur die gebruik van Afrikaans te help vestig.
Die SBA wil Afrikaans huis toe vat – na alle Afrikaansgebruikers – in elke dialek en tongval, in elke uithoek van die aarde.
Ons bied ‘n verskeidenheid projekte en publikasies wat gemeenskappe deur Afrikaans bemagtig en help om veeltaligheid, ‘n belangrike deel van nasiebou, te bevorder.
Wie is ons?
In 1992 is ’n Afrikaanse Geletterdheidstrust gestig om Afrikaansgebruikers spesifiek in die Wes-Kaap te bemagtig, veral in plattelandse gemeenskappe. Uit hierdie trust is die SBA gestig. Dit is die SBA se missie om geletterdheid deur Afrikaans te ontwikkel en terselfdertyd respek vir Afrikaans te bewerkstellig.
Geletterdheid behels alle kommunikasievaardighede wat in gesproke en geskrewe taal verwerf word en wat noodsaaklik is vir die uitlewing van volle menswaardigheid op alle lewensterreine.
Projekte
Publikasies
– Malcolm X
Wat is nuut?
Wikkel met werksoek!

