Ek vertel self
Die SBA het vanjaar vir die eerste keer die Zoë-storiekompetisie geloods en alle kinders tussen graad 3 en 7 uitgenooi om vir ons ’n kykie in hul verbeeldingswêreld te gee en hul beste stories met ons te deel.
Stories is deur jong skrywers van regoor die land ingestuur en die topvyf-leerders se stories is geïllustreer en gepubliseer as ’n amptelike digitale boek van die SBA.
Die boek sal ook deel uitmaak van die Zoë-voorleesprojek se storiegroepe.
Ek vertel self-boek – Laai inligting af

