Wie is Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans?
In 1992 is ’n Afrikaanse Geletterdheidstrust gestig om Afrikaansgebruikers veral in plattelandse gemeenskappe in die Wes-Kaap te bemagtig. Uit hierdie trust is die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) gebore.
Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans
Die SBA is vandag trots om ’n voetspoororganisasie te wees wie se wortels diep gesetel is in die gemeenskappe wat ons bedien. Deur Afrikaans as instrument te gebruik, help ons om geletterde, selfonderhoudende en omgewingsbewuste gemeenskappe te vestig en om trots en ‘n liefde vir Afrikaans te kweek, veral onder die jeug.
Veeltaligheid is een van die hoekstene van die SBA. Daarom word die meerderheid materiaal ook vertaal sodat dit deur ’n groter gehoor geniet kan word. Ons materiaal word ook dikwels so aangepas dat mense met lees-, gehoor- en leergestremdhede ook by ons projekte kan baatvind.
Die SBA se simbole:
Hart
Ons hart klop vir Afrikaans en vir die gemeenskappe wat ons bedien.
Hand
Die SBA is ’n helpende hand in die gemeenskappe waar ons betrokke is en neem graag hande met vennote wat ons visie deel.
Voete
Die SBA is ’n voetspoororganisasie wat die ekstra myl loop om individue en gemeenskappe by te staan, hetsy deur ons fisiese betrokkenheid (selfs in afgeleë gemeenskappe) of deur digitale hulpmiddels daar te stel.
Ontmoet die span
Ons spanlede
Direksie
Direksie
Ons vennote
