SBA Stories
Die SBA bied met trots twee besondere videoreekse aan wat die ryke verskeidenheid en geskiedenis van Afrikaans vier.
Onse Afrikaans, aangebied deur Sandra Prinsloo, neem kykers op ’n ontdekkingsreis deur die unieke variëteite en dialekte van die taal.
In Ons onthou hoor ons die stemme van gemeenskappe regoor Suid-Afrika – van Op-die-berg tot Kalkbaai – waar hul stories en geskiedenis met sorg vasgelê is.
SBA Stories
Onse Afrikaans
Die SBA se Onse Afrikaans is ’n reeks video-opnames deur Sandra Prinsloo wat in verskillende episodes die unieke aard, karakter en oorsprong van Afrikaans se diverse variëteite en dialekte verken.
Elke episode is ook in Gebaretaal en met Engelse onderskrifte aangevul.
Kaaps
Sabela
Karoo Afrikaans
Bo-Kaap Afrikaans
Rehoboth Afrikaans
Rasta Afrikaans
Tsotsitaal/Flaaitaal
Namakwaland Afrikaans
Gariep/ Oranjerivier Afrikaans
Graaffrikaans
Gayle
Onverwacht Afrikaans
Tankwa Afrikaans
Ons onthou
In die video-opnames van Ons onthou besoek die SBA verskillende gemeenskappe in Suid-Afrika om die storie agter die storie te hoor. Ons gesels met mense vanuit alle uithoeke van ons land en praat saam oor hul geskiedenis. Unieke streke en gemeenskappe soos Op-die-berg, Melkhoutfontein, Verlorenvlei, Kalkbaai, asook gehoor- en siggestremde mense se stories word op video vasgelê ter erkenning aan die herkoms van Afrikaanse seniorburgers.
Gebaretaaltolking en Engelse onderskrifte word ook verskaf.
Korana
Die Griekwas is nog
Kosmopolitaanse kalkbaai Vissers
Die Koue Bokkeveld
Die VERLORENVLEI STORIES
Melkhoutfontein-stories
WORCESTER SE DOWES
Cederberge
Strandlopers
Platfontein
Namastories
Die leefwyse van ons Vroeë Mense
SUID-KALAHARI STORIES
Laat die blindes die weg wys
Ons wonder almal oor die toekoms, veral oor die rol van tegnologie en spesifiek ook Kunsmatige Intelligensie wat al hoe meer deel van ons lewens is.
Hoe gaan KI ons lewens beïnvloed?
Hoe gaan dit ons toekoms vorm?
Maar ons wonder ook: hoe gaan dit Afrikaans raak?

