SBA Idiome
Om respek vir Afrikaans as moedertaal te kweek en terselfdertyd Afrikaans met die ander tale te integreer, het die SBA vier veeltalige idiomeboeke oor die natuurelemente saamgestel.
Die moedertale se harmonieuse verhouding met die natuur word versterk deur die idiome en spreekwoorde oor water, aarde, vuur en lug.
Ons almal sit om dieselfde vuur
Ons almal sit om dieselfde vuur bevat idiome oor vuur in Afrikaans, Engels en isiXhosa.
Ons almal drink van dieselfde stroompie
Ons almal drink van dieselfde stroompie bevat idiome oor water in Afrikaans, Engels en isiXhosa.
Ons almal loop op dieselfde aarde
Ons almal loop op dieselfde aarde bevat idiome oor die aarde in Afrikaans, Engels, isiXhosa en Setswana.
Ons almal leef in dieselfde wind
Ons almal leef in dieselfde wind bevat idiome oor lug en wind in Afrikaans, Engels, isiZulu en isiXhosa.
