‘n Sak vol Stories
‘n Sak Vol Stories bied oudio-avonture vir die hele gesin met prettige stories propvol goeie lesse. Ons vertel feëverhale, mites, legendes en neem jou op splinternuwe avonture!
Dis perfek vir in die kar of wanneer dit tyd is om die skerms ’n ruskans te gee.
Daar is altyd iets nuuts om die verbeelding te prikkel, so kom loer gereeld in vir nog stories wat beloof om jong Afrikaanssprekende kinders te boei en ‘n liefde vir taal en storievertelling te kweek.
Met ’n gemeenskaplike missie om die kwaliteit van leesgeletterdheid onder Afrikaansgebruikers te bevorder, is ’n Sak Vol Stories ’n vennoot van die SBA.
Luister Saam
