RIELRITME™ Sarsies op Snare Musiekboek
Die RIELRITME™ Sarsies op Snare Musiekboek blaas vir eers die stof van die dans eenkant toe om die kloppende hart van die riel te onthul: sy lewendige en sielvolle musiek. RIELRITME™ Sarsies op Snare is die resultaat van ’n multi-fase inheemse musiek- en kultuurprojek, van stapel gestuur deur Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) in samewerking met MoZe Uitgewers.
Die projek is gemik op die transkripsie, notasie en dokumentering van ’n repertorium van rielliedjies.
RIELRITME™ Sarsies op Snare Musiekboek – Laai inligting af

