Biblioteekprojek
Die SBA het aan ’n groep geselekteerde laerskole in die Noord-Kaap boekkissies geskenk.
Toegang tot ouderdomsgeskikte leesmateriaal speel ’n belangrike rol in die skep van ‘n leeskultuur.
Deur middel van ’n boekskenking van kleurvolle, opwindende en byderwetse ouderdomsgepaste boeke, ondersteun die SBA skole in die Noord-Kaap om biblioteke te help inrig of bestaande biblioteke ’n hupstoot te gee en opnuut kinders se belangstelling in boeke te prikkel.

