Ons almal loop op dieselfde aarde
Ons almal loop op dieselfde aarde is ’n viertalige idiomeboek wat 20 idiome in Afrikaans, Engels, Setswana en isiXhosa bevat.
Met hierdie tema wil ons die unieke verskynsel vier dat verskillende tale en kulture ’n gemene deler in die natuur vind. Ons wil ook erkenning gee aan die feit dat die aarde ’n lewensbelangrike rol in ons elkeen se bestaan speel.
Die idiome en uitdrukkings in hierdie boek herinner ons aan die uiteenlopende geografiese landskappe van Suid-Afrika en aan ons gesamentlike verantwoordelikheid om ons omgewing te bewaar.
Kort klankgrepe demonstreer hoe die idiome in die boek lewendig word in die mond van die spreker.
Ons almal loop op dieselfde aarde – Laai inligting af

