Ons almal leef in dieselfde wind
Jy kan dit nie sien nie, maar jy kan dit voel, hoor en selfs ruik.
Lug – in soveel vorme – is om ons; dis die asem ín ons. Dit gee lewe, bring lafenis, saai verwoesting, word soms amper ’n misteriese geestelike teenwoordigheid.
In hierdie boek vier ons lug as natuurelement en hoe dit deur idiome en spreekwoorde taal inkleur.
Ons fokus spesifiek op die voorkoms van hierdie element in uitdrukkings in Afrikaans, Engels, isiXhosa en isiZulu.
Kort klankgrepe demonstreer hoe die idiome in die boek lewendig word in die mond van die spreker.
Ons almal leef in dieselfde wind – Laai inligting af

