Ons almal drink van dieselfde stroompie
Water speel ’n baie belangrike rol in die amaXhosa-kultuur.
Dit is ’n simbool van lewe, genesing, uitdagings en die menslike natuur. Die lys idiome en spreekwoorde oor water uit die amaXhosa-kultuur wat vir hierdie boek gekies is, herinner ons aan ’n trotse taal- en kultuurerfenis. Dit maak ons bewus van die gesamentlike verantwoordelikheid wat ons het om ons waterbronne skoon te hou en te bewaar.
Hierdie idiome en spreekwoorde oor water versterk ook die drie tale (isiXhosa, Afrikaans en Engels) se harmonieuse verhouding met die natuur en die omgewing soos dit in die amaXhosa-erfenis na vore kom. Dit lewer daarom ’n groot bydrae tot die beskerming van ons waterbronne.
Kort klankgrepe demonstreer hoe die idiome in die boek lewendig word in die mond van die spreker.
Ons almal drink van dieselfde stroompie – Laai inligting af

