Kalahari Waarheid: Boekgesprek by KKNK

Sep 1, 2025

Kalahari-waarheid handel oor die lewe van Belinda Kruiper wat in 1997 as ontvangsdame by die Kgalagadi-oorgrenspark begin werk het. Elana Bregin is die medeskrywer van hierdie uitsonderlike boek. Belinda het die Boesmans se vertroue gewen, hulle met grondeise bygestaan, met die bekende kunstenaar Vetkat getrou en was ook werksaam by die Suid-Afrikaanse San-instituut. Tipiese Kalahari-stories wat om kampvure vertel word oor leeus en jakkalse, die nimmereindigende duine en nagkoue uitspansel, kom treffend aan die bod. 

Kyk hier na die boekgesprek by die KKNK: