NLC end SBA

Danksy die Nasionale Loterye-kommissie (NLC) sal die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) vanjaar Zoë-voorleesprojek na meer as 70 skole in die Noord-Kaap kan uitbrei.

Die leesprojek is daarop gemik om ’n liefde vir lees onder leerders in die grondslagfase te kweek. Die skole kies ’n geskikte persoon uit die gemeenskap wat as storievoorleser opgelei word. Van die die lesers is reeds as vrywilligers by die skool betrokke en ander is skoolverlaters wat weens omstandighede werkloos is. Daar is ook deeltydse studente wat as klasassistente besig is met praktiese ondervinding en selfs afgetrede onderwysers is by die projek betrokke.

Die storievoorlesers ontvang opleiding om hulle toe te rus vir die taak en word voorsien van boeke wat geskik is vir voorlesing. Daar word van die voorlesers verwag om een maal per week Afrikaanse stories voor te lees en ’n interaktiewe voorleessessie van ongeveer 30 minute te lei.

Die Zoë-voorleesprojek word reeds vanaf 2011 met groot welslae in gebiede in die Wes-Kaap aangebied en is sedert 2021 ook in die Noord-Kaap. In 2021 alleen was ongeveer 3 000 leerders by die projek betrokke.

Met NLC se toelaag befondsing van R385 301 sal die projek na meer skole in die Noord-Kaap uigebrei word.

Nelmari Kemp, die bestuurder van die leesprojek, sê ongeveer 70 laerskole in en om Garies, Springbok, Kakamas, Keimoes en Upington sal vanjaar deelneem aan die projek.

Sy sê vanjaar fokus ons veral in die gebiede en dorpe van die ZF Mgcawu- en Namakwa-distrik. “Die doel van die leesprojek is nie om die rol van die onderwyser te vervang nie, maar eerder om die onderwyser se hande te sterk in hierdie belangrike taak. Dit is ook om gemeenskapsbetrokkenheid in ons kinders se opvoeding aan te moedig.”

Die projek sal strek vanaf Februarie tot Julie 2022 (20 weke). Ons glo dat voorlesing lei tot leerders wat uiteindelik self lees en dat die stories van ander tot die ontwikkeling van elkeen se eie “storie” lei.

  • Die SBA is ’n niewinsgewende organisasie wat fokus op funksionele geletterdheidsontwikkeling. Ons projekte word jaarliks aangebied binne ’n spesifieke geografiese fokus, hoofsaaklik in die plattelandse gebiede van die Wes- en Noord-Kaap.

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

Studiebeurs: Honneurs in Afrikaans

Laai aansoekvorm hier af
Lees meer

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer
Scroll to Top