Die Zoë-leesprojek is ‘n baie suksesvolle program wat daarop gemik is om
geletterdheid van die ouderdomsgroep 3 tot 9 jaar deur middel van ’n
voorleesprogram te verbeter.
Die Zoë-leesprojek het sy ontstaan te danke aan twee sussies, Nasia en Zoë Davids –
kinders van Afrikaansonderwysers – van Zoar in die Suid-Kaap, se voorliefde vir lees.
Die uitnodiging aan maatjies van die omgewing om ’n saamleesgroepie te stig, het
mettertyd uitgebrei tot ’n enorme projek deur die bemiddeling van die SBA.
Die Zoë-voorleesprogram is gemik op lees vir die genot daarvan. Die klem is op die
interaksie tussen kinders, die leesfasiliteerder en die inhoud van die storie. Stories
word verlewendig deur hulpmiddels, ’n rympie of liedjie wat aansluit by die
kurrikulum-gebaseerde temas. Die SBA bedien tans 40 skole met ’n leerdertal van
5440 in areas soos Atlantis, Mamre, Stellenbosch, Ceres, Op-die-Berg, Blue Downs,
Bonteheuwel, Steenberg, Kraaifontein en Kuilsrivier.
Borge en Vennote:
Het Jan Marais Nationale Fonds, DG Murray Trust en CWP.