lawyer-advocate-gavel

advokaat s.nw.

Gekwalifiseerde regsgeleerde wat tot die balie toegelaat word en daarna in die hoërhof as pleitbesorger vir ‘n party wat ‘n siviele geding voer, optree.

Uit Ndl. advocaat, uit Latyn advocatus “byeengeroepene”, uit ad “na” en vocare “roep”.
In die Romeinse tyd was dit die benaming van iemand wie se hulp deur ‘n gedaagde ingeroep is om lg. voor die gereg van raad te bedien. Oorspr. was dit vriende en verwante wat saam voor die regbank verskyn het om vanweë hulle getal, aansien of trane invloed op die regter uit te oefen.

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer

Avonturier se boek oor Afrika in Afrikaans

‘n Ontmoeting met honger hiënas, rotte en vlermuise vir aandete en die eindelose natuurskoonheid van Afrika. Dit is ...
Lees meer
Scroll to Top