WhatsApp Image 2022-05-25 at 9.52.14 AM

Het jy gehoor van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans se Prisoniers-dramaprojek? Indien nie, was jy heel waarskynlik nog nie op ons sosialemediaplatforms nie of jy was nie deel van die skole wat die produksie gesien het nie.

Dié verhoogstuk (The Ballroom Boy) is ’n inisiatief deur Sandra Prinsloo, veteraan aktrise en SBA-voorsitter. Sandra en die bekende akteur en regisseur, Christo Davids, het eers uitgebreide navorsing gedoen voor hulle die emosionele en aangrypende drama-stuk geskryf het.

Christo het die verhoogstuk, wat handel oor ’n ma wat albei haar seuns weens bendebedrywigheid verloor het, geskryf. Die verhaal is op ware gebeure gebaseer.

Carmen Maarman maak deel uit van die rolverdeling en vertolk die rol van Barbara Jantjies, die ma van die twee seuns. Volgens Carmen het sy haar baie geniet met die rol. Sy vertel: “Dit is net vir my hartseer dat sy albei haar kinders moes verloor.”

Gerswin Cupido, projekorganiseerder van die SBA, sê die toer was ongelooflik. “Ons het 40 produksies in die Wes-, Oos en Suid-Kaap gehad. Die meerderheid was by skole terwyl andere weer in gemeenskapsale opgevoer was.” Hy sê die opvoering by Judah Square in Knysna was veral vir die akteurs ’n hoogtepunt.

“Die lokaal waar die groep opgetree het was maar klein, maar die opkoms was goed. Van die mense het buite die saal gestaan en na die opvoering gekyk. Na die opvoering het die inwoners vir ons ’n toer deur die gemeenskap gegee waar ons baie van hul leefwyse geleer het. Dit was ongelooflik om deel te kon wees van die reis”, verduidelik hy opgewonde voorts.

The Ballroom Boy is ’n baie emosionele verhoogstuk en laat baie met ’n knop in die keel en of ’n traan in die oog. Om die rede het Lesley Thomas, ’n fasiliteerder van Genderworks, by die toer aangesluit. Sy werk was om die atmosfeer na afloop van die toneelspel te ontlont. “Ons werk is om mense te help om hul pyn te verwerk want as hulle nie die pyn verwerk nie, sal hulle dit op ander uit haal.” https://fb.watch/dpxX3lSgu8/

Die toer het op 27 Mei in Skurweberg geëeindig. Van die dorpe wat tydens die toer besoek is, sluit in Graafwater,Steinkopf, Nababeep, Kakamas, Keimoes, Upington, Uniondale, Oudtshoorn, Humansdorp, Mosselbaai, Gouritsmond, Albertinia, Melkhoutfontein, Slangrivier, Hexvallei en Ceres.  Loer hier na foto’s van die optrede.

Intussen was die SBA ook besig om hul tweede animasieprent bekend te stel. Robbie die rowwe Rot, is verlede maand by die Suidoosterfees wat by die Kunste Kaap gehou is, bekendgestel. Die SBA se eerste animasieprent, Die Kokerboom, ’n Kersstorie, is in Februarie in Kakamas bekend gestel. Albei dié animasieprente kan natuurlik van die SBA se webtuiste afgelaai word.   Kyk hier na die animasiefilms.

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer

Avonturier se boek oor Afrika in Afrikaans

‘n Ontmoeting met honger hiënas, rotte en vlermuise vir aandete en die eindelose natuurskoonheid van Afrika. Dit is ...
Lees meer
Scroll to Top