Louise Viljoen

(Oorspronklike artikel op US Web)

Hul werk het haar as skoolkind al aangegryp omdat dit vernuwend en grensdeurbrekend was.

So gesels prof Louise Viljoen, hoof van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch, oor die werke van Antjie Krog en Breyten Breytenbach.

Haar boek oor Breytenbach, Die mond vol vuur: Beskouings oor die werk van Breyten Breytenbach, het onlangs by AFRICAN SUN MeDIA (ASM) verskyn. Hierin doen sy ‘n diepteverslag oor Breytenbach se prosa- en poësie-oeuvre. Aan die bod kom onder meer Breytenbach in Afrika, vaderfigure in sy vroeë poësie, eiename in sy poësie, sy tronkpoësie, en Afrikaanse digters in gesprek met Breytenbach se digterskap en met hom as openbare figuur.

“Ek los eerder sy kuns vir die kunskenners,” sê sy glimlaggend in die tuin van haar huis op Stellenbosch.

Haar boek Ons Ongehoorde Soort: Beskouings oor die werk van Antjie Krog het in 2009 ook by ASM verskyn.

Voorin Die mond vol vuur skryf Viljoen: “Die belangrikheid van Breyten Breytenbach in die literêre, kulturele en politieke landskap van Suid-Afrika kan moeilik oorskat word. As skrywer het hy ‘n monumentale oeuvre opgebou wat bestaan uit digbundels, kortverhaalbundels, romans, prosatekste, outobiografiese tekste, reisboeke, teaterstukke, essaybundels en skrywershandleidings.”

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer

Avonturier se boek oor Afrika in Afrikaans

‘n Ontmoeting met honger hiënas, rotte en vlermuise vir aandete en die eindelose natuurskoonheid van Afrika. Dit is ...
Lees meer
Scroll to Top