Hierdie projek het ten doel om leerders die geleentheid te gee om aan ’n volskaalse
professionele teateropvoering blootgestel te word. As deel van hierdie projek kry ten
minste 400 dramaleerders, asook opvoeders van ’n verskeidenheid skole, die geleentheid
om ’n opvoering van spesifiek ‘n voorgeskrewe werk by te woon. Een opvoering fokus
pertinent op die gehoor- en siggestremdes deur middel van gebaretaaltolking.
Die SBA glo dat teaterbywoning nie net luistergeletterdheid bevorder en ‘n toekomstige
teatergehoor skep nie, maar ook ’n verdere liefde vir lees prikkel en sodoende nou
aansluit by die Lees is ‘n Fees veldtog.
Borge en Vennote: