As ons ‘n persoonsnaam van ‘n werkwoord wil maak, sit ons oor die algemeen ‘n -er agteraan die werkwoord. Byvoorbeeld:
Iemand wat werk, is ‘n werker
Iemand wat swem, is ‘n swemmer
Iemand wat hardloop, is ‘n hardloper
Ons gebruik ook die -er dikwels om persoonsname van plekname af te lei. Byvoorbeeld:
Iemand wat van Hamburg kom, is ‘n Hamburger
Iemand wat van Boston kom, is ‘n Bostonner
Ons het baie soortgelyke agtervoegsels wat ons in Afrikaans kan gebruik om persoonsname te vorm. Byvoorbeeld:
-aan: Braziliaan
-aar: goëlaar, Londenaar
-aard: grysaard
-ant: informant
-aris: missionaris
-ent: korrespondent
-êr: miljoenêr
-erd: papperd, lomperd
-eur: kontrakteur
-ier: tuinier, winkelier
-iet: Durbaniet
-is: internis
-ling: tweeling
Sien ook ‘n meer duidelike verklaring hiervan by Beter Afrikaans