Eugene Marais

(Volledige artikel op LitNet beskikbaar)

Eugène Marais die joernalis, digter, regsgeleerde, natuurkundige en dwelmverslaafde is gereeld die onderwerp van letterkundige en natuurwetenskaplike ondersoek. Marais is só `n enigma dat `n volledige beeld van hom nog nooit geskep kon word nie. Op soek na die regte Eugène Marais het Jean Oosthuizen met Friedel Hansen gesels wie se boek Die handdruk van die dood pas in hersiene formaat verskyn het. Onder andere, probeer Oosthuizen vasstel hoekom Marais steeds vandag die Suid-Afrikaanse publiek se verbeeldings só aangryp.

 

Leon Rossouw se Die groot verlange is waarskynlik die bekendste werk oor Eugène Marais, maar daar is al so baie oor hom geskryf. Wat het jou gedryf om nóg ’n boek oor Marais te skryf en nou boonop ’n hersiene uitgawe daarvan uit te gee?

Leon Rousseau het die herlewing in die belangstelling in Eugène Marais laat opvlam. Daarna was daar ander bydraes en dit het uiteindelik ’n omvangryke mosaïek gevorm. Ek glo egter die mosaïek is nog nie voltooi nie en daar sal waarskynlik altyd nog plek wees vir nuwe bydraes.

Ek het in die 1980’s inligting oor Eugène Marais bekom wat ek nêrens voorheen of sedertdien raakgeloop het nie. Toe kom die film Die wonderwerker laat in 2012 en ek het net daar besluit dat dit tyd is om my inligting te deel.

In 1984 het jy ’n dokumentêre radioprogram oor Marais gemaak; so ’n paar jaar gelede was daar Die wonderwerker waarna jy hier bo verwys, en daar is nog nuwe boeke oor Marais op pad. Dit lyk of mense nie uitgepraat kan raak oor hom nie. Wat maak hom so besonders?

Ek dink dis omdat daar so baie onbeantwoorde vrae oor hom is. Daar is talle leë kolle in sy lewe, tye wanneer hy bloot weggeraak het of lang tydperke waaroor daar geen inligting bestaan nie. Niemand kon nog daarin slaag om ’n volledige beeld van hom te skep nie: Eugène Marais is ’n fassinerende figuur en dit is asof die vrae by die dag meer word, terwyl die teenoorgestelde eintlik waar behoort te wees. Sy gedrag en optrede was by tye eienaardig, selfs vreemd. Hy was ’n enigma, ’n onvervulde genie wat dit moeilik gevind het om by die alledaagse lewe in te pas en aan te pas; hy was ’n swerwer, die ewige soeker.

Hy was ook nie ongeneë om by geleentheid die waarheid roekeloos geweld aan te doen nie, soos sy bewering teenoor sy seun dat hy en Marie Corelli verloof was en op trou gestaan het. Dit was gewoon onwaar, want sy was vir die duur van haar volwasse lewe in ’n lesbiese verhouding (met dieselfde vrou). Ongelukkig is sy bewering sonder enige bevestiging as die waarheid die wêreld ingestuur.

Miskien moet ’n mens sê die regte Eugène Marais moet nog ontdek word. Ek glo Die handdruk van die dood lewer ’n betekenisvolle bydrae in hierdie verband.

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer

Avonturier se boek oor Afrika in Afrikaans

‘n Ontmoeting met honger hiënas, rotte en vlermuise vir aandete en die eindelose natuurskoonheid van Afrika. Dit is ...
Lees meer
Scroll to Top