Direksie

Taal kan die grense tussen gemeenskappe verbreed of dit kan as brûe oor grenslyne dien. Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) soek voortdurend na ander maniere om ’n liefde vir Afrikaans en ander tale by mense te kweek. Terselfdertyd is sy mandaat ook om te help dat mense respek vir ander tale moet hê.

Om dié rede het die SBA vanjaar Internasionale Moedertaaldag met die bekendstelling van ons veeltalige idiomeboek gevier. Die idiomeboek, Ons almal loop op dieselfde aarde, bevat 20 idiome in Afrikaans, Engels, Setswana en isiXhosa.

Die boek is nie die SBA se eerste veeltalige boek nie. Die SBA het voorheen met ander titels besluit om ander tale van ʼn spesifieke gebied by te voeg, soms paragraaf per paragraaf soos Die Kokerboom wat vir die Noord-Kaap ook in Khoekhoegowab vertaal is.

Die Kokerboom is al verskeie kere vertaal en is toe ook in ’n inkleurboek en onlangs in ’n animasieprent omskep. Die besluit om Die Kokerboom in ’n animasiefilm te omskep het gekom na die SBA verneem het dat leerders met leergestremdhede nie die storie kon lees nie. Terseldertyd het die SBA se fokus na digitalisering uitgebrei en was dit die ideale geleentheid om die boek te animeer.

Die animasieprent, Die Kokerboom, ’n Kersstorie, is by ’n spog geleentheid in ’n kokerboomwoud in Kakamas bekendgestel. Behalwe die besoek aan Kakamas vir die animasieprent het die stigting gedurende die maand van liefde verskeie dorpies besoek. Riemvasmaak en Garies in die Noord-Kaap, Plettenbergbaai in die Suid-Kaap, Nqamakwe in Transkei en Pniël in die Boland is van die plekke waar die SBA sy merk gemaak het.

Die stigting se direksielede het die warm weer trotseer en die lang pad Noord-Kaap toe met kinderlike opgewondenheid aangevat. Die sonskerm , -hoede en -brille is ingespan om die ergste hitte te verweer, maar daar was niks wat in direksielede se pad kon staan om die Laerskool Riemvasmaak te besoek nie. Hier het die SBA ’n ingangsbord vir die skool geskenk en skryfbehoeftes aan die skool se graad 7’s oorhandig. In Plettenbergbaai het die SBA sy fokus op wetenskapsgeletterheid geplaas. Die stigting het ’n baie suksesvolle werkswinkel vir laerskoolwetenskaponderwysers in Plettenbergbaai aangebied.

Die Chemie-werkwinkel word in samewerking met Stellenbosch Universiteit Departement Chemie (SUNCOI) met die goedkeuring van die Wes-Kaapse onderwysdepartement aangebied. Van die Noord-Kaap na die Suid-Kaap tot in die Oos-Kaap. Die SBA het met sy besoek aan Nqamakwe, Transkei weereens bewys dat geen provinsie, stad of selfs ’n afgeleë village te ver is om geletterdheid te bevorder en hulp aan skole te verleen nie. Ivan Ndevu, program- en kantoorassistent van die SBA, het meer as ’n 1 000 kilometers afgelê om rekenaars en drukkers by die Laerskole Masibambane, Magwaza en Girdwood in Nqamakwe af te lewer. Met sy besoek aan die provinsie het hy het ook ’n draai by die sekondêre skole Siyabulela en Nomaheya gemaak om die SBA se nuwe viertalige idiomeboek af te lewer.

Dit is nie waar die SBA se voetspore dié maand geëindig het nie. Die stigting se direksielid dr. Mvula Yoyo, wat ook voorheen die transformasiebestuurder by Mediclinic Suider-Afrika was, het sy stem by die vyfde Adam Small-fees in Pniël laat hoor waar hy die Adam Small-gedenklesing gelewer het.

Yoyo het sy lesing afgeskop deur te vertel hoe moeilik dit in die 1970’s en 1980’s was om Adam Small se skrewes vir studente voor te skryf. Hy het ook gepraat van hoe Small se gedigte en literêre werke tot vandag toe relevant is en hoe dit aanklank vind by mense van alle rasse. “Ons almal lewe in silos. Ek hoop die lesing dra by tot die opening van daardie toe deure,” het hy gesê.

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

Studiebeurs: Honneurs in Afrikaans

Laai aansoekvorm hier af
Lees meer

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer
Scroll to Top