SBA-vier-Wêreldboekedag

Wêreldboekedag word jaarliks ook in Suid-Afrika op 23 April gevier ter uitbouing van die wonderlike waarde en bydrae wat stories tot ons samelewing bring. In die gees van hierdie gebeurtenis, gaan die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) op Dinsdag 23 en Woensdag 24 April besoek aflê aan sewe primêre skole – Langerugskool in Worcester, Laerskool Ashton, Ashton Public Combined School en H. Venter Primêr in Ashton, Laerskool Swellendam, Bontebok Primêr en VRT Pitt Primêr in Swellendam.

Die SBA se nuutste publikasie, Robbie die Rowwe Rot/Umabuzi Ogadalala, ’n gekombineerde Afrikaans/isiXhosa weergawe wat die vorm aanneem van ’n byderwetse strokiesprentavontuur, word aan bykans 900 Afrikaans en isiXhosa graad 6- en 7-leerders in die bogemelde omgewings geskenk. Dié eg Suid-Afrikaanse strokiesprentboek handel oor die unieke avonture van ’n Mitchells Plain rot. Met die volkleurblaaie gevul met egte strokiesprentstyl illustrasies deur Isabelle Grobler, word daar gepoog om leerders aan verskillende genres van storievertelling en lees-vir-genot bloot te stel en sodoende ook ’n bydrae tot geletterdheidsontwikkeling onder die jeug te maak.

Die oorspronklike verhaal kom uit die pen van die Deense skrywer Klavs Skovsholm, wat die hele projek ook borg, en is vir die Suid-Afrikaanse konteks aangepas deur Sjaka Septembir en Sivuyile Mazantsi.

*Die SBA is ’n nie-winsgewende organisasie wat hul daarop toespits om ’n bydrae te maak tot funksionele geletterdheidsontwikkeling deur die oordrag van kennis, waardes en vaardighede met die doel om ’n multitalige samelewing te verenig.

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

Studiebeurs: Honneurs in Afrikaans

Laai aansoekvorm hier af
Lees meer

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer
Scroll to Top