SBA BOKAAP WALK LOGO R3-03

Kom vier Afrikaansdag (14 Aug) op Saterdag 15 Augustus met ‘n pretloop in die Bo-Kaap van onderskeidelik 4 km en 8 km. Die omdraaipunt vir die 8 km-roete is by die Noon Gun en bied ‘n verruklike uitsig oor Kaapstad!
Ons vertrek om 10:00 van die Boorhaanol Sentrum in die BoKaap. Volop Parkering in Buitengrachtstraat en binne die Christiaan Barnard Hospitaal-parkeerterrein. Almal wat die roetes voltooi, kry ‘n medalje, geborg deur die Afrikaanse Taalraad (ATR). Inskrywingsgeld is R60 per persoon.

Inskrywing en registrasie is Saterdag 1 Augustus van 10:00 tot 17:00 by slegs Sportsmans Warehouse Rondebosch en Tygervallei. Elke deelnemer ontvang dan ook ‘n unieke idioom in plaas van die gebruiklike inskrywingsnommer.
Vanaf Maandag 3 Augutus kan jy ook daagliks van 08:00 tot 16:00 inskryf en registreer by die SBA-kantoor, TygerBurger, 3de verdieping, Bloemhof Gebou, Edwardstraat 112, (parallel met Willie Van Schoor Rylaan op pad na Tygervallei Sentrum).

Indien geen van bogemelde reëlings jou pas nie, kan laatinskrywings ook nog op 15 Augustus van 08:00 tot 09:30 by die Boorhaanol Sentrum gedoen word.

Lekker gratis vermaak deur klopse, rieldansers en sangers, asook prystrekkings by die eindpunt, waar ook watertand Kaaps-Maleise geregte te koop sal wees.

Besoek ons Facebook-blad, Twitter of Instagram vir meer inligting, inskrywingsvorms en kaarte van die roetes, skakel die SBA-kantoor of stuur ‘n e-pos aan stapvirafrikaans@gmail.com vir enige navrae.

Klik hier om `n .pdf-weergawe van die inskrywingsvorm af te laai

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer

Avonturier se boek oor Afrika in Afrikaans

‘n Ontmoeting met honger hiënas, rotte en vlermuise vir aandete en die eindelose natuurskoonheid van Afrika. Dit is ...
Lees meer
Scroll to Top