Skuldig

(Lees die oorspronklike resensie op LitNet)

Skuldig
Martin Steyn
LAPA Uitgewers
ISBN: 9780799373608

Een swaeltjie maak nou wel nie ’n somer nie, maar Martin Steyn se Skuldig herbevestig die skrywer se enorme talent. Ons sit hier met niks minder nie as ’n kandidaat vir Krimi van die jaar 2015. Ek erken uit die staanspoor dat ek Steyn se debuutroman, Donker spoor, in dieselfde klas ag as ander kragtige debuutwerke uit die pen van Suid-Afrikaanse krimiskrywers soos Deon Meyer (Feniks), Karin Brynard (Plaasmoord) en Rudie van Rensburg (Slagyster).

Wat Steyn egter met Skuldig vermag, is om die rateltaai dog deernisvolle vertelling, balans tussen eksposisie en innerlike handeling, en raakvatkarakterisering van sy debuut aan te vul met ’n ietwat meer beweeglike benadering tot die skep van spanning: hier worstel speurder en leser saam oor die komplekse antwoorde op yslike morele kwessies wat tot die donkerste dieptes van die menslike psige spreek. Skuldig is, soos Donker spoor, beslis nie vir sensitiewe lesers bedoel nie, en dit is allesbehalwe ontspanningslektuur. Ek is dit wel met Coenraad Walters eens dat die roman uiters leesbaar en bevredigend is.

 

 

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer

Avonturier se boek oor Afrika in Afrikaans

‘n Ontmoeting met honger hiënas, rotte en vlermuise vir aandete en die eindelose natuurskoonheid van Afrika. Dit is ...
Lees meer
Scroll to Top