Screen Shot 2014-12-05 at 12.10.56 AM

Musiek: Alternatiewe Afrikaans

Afrikaanse musiek is sinoniem met sokkie. ‘n Mens kan nie help om te dink aan Kaptein of Baby Tjoklits wanneer jy gou twee treffers moet opnoem nie. Sokkie is nou nie almal se gunsteling musiek om meë uit te rock nie, daarom het ons besluit om jou weer hoop te gee in Afrikaanse musiek, as jy dit dalk verloor het. Hierdie bands is almal bekend in die buiteland, dalk meer as in Suid-Afrika.

Bittereinder

Die groep, Bittereinder, bestaan uit 3 lede: Peach van Pletzen, Louis Minnaar en Jaco van der Merwe wat die rapper is. Bittereinder se klank is uniek en het elemente van EDM, Rap en Hip-Hop, wat ‘n klank gee wat nog nie van te vore in Suid-Afrika gehoor is nie. In 2011 het hulle die SAMA gewen vir beste Alternatiewe Afrikaanse Album en daarna vele ander MK-toekennings. 2014 is vir Bittereinder ‘n groot jaar, omdat hulle 3de album vrygestel is.

Die Heuwels Fantasties

Die Heuwels Fantasties is nou al meer mainstream as enige van die ander groepe op hierdie lys. Die band is in 2007 begin en het al vier albums vrygestel. Hulle klank kan beskryf word as ‘n mengsel tussen folk- en electro-rock, wat hulle ook uniek maak in die Afrikaanse musiekbedryf.

Die Begin

Hierdie indie-folk band is nog relatief onbekend. Op hulle Facebook-blad beskryf hulle hulself soos volg: “Dit het alles begin met ‘n man. En sy vrou. En sy jonger broer. En sy twee nefies (wat ook boeties is). Toe Bittereinder se bebaarde kletsrymer hierdie familie saam met ‘n dosyn akoestiese instrumente in ‘n voorstedelike motorhuis in ‘n myndorpie teëkom, was ‘n behoorlike Afrikaanse folk band ‘n amper onvermydelike resultaat.” Hulle musiek is gratis (ja – GRATIS) beskikbaar op die Internet en is nog nie beskikbaar as ‘n CD nie.

 

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

Studiebeurs: Honneurs in Afrikaans

Laai aansoekvorm hier af
Lees meer

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer
Scroll to Top