Luister

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) se fokus is om funksionele geletterdheid vir elke Afrikaansgebruiker te bring. Om seker te maak dat mense met lees-, hoor- en leergestremdhede ook baat vind by ons projekte, het ons ‘n LUISTER afdeling aangebring.

Vlooi en die Sneeuman

5 Episodes / +- 25 MB elk

Weens Covid-19 sal ons jaarlikse teaterbywoning-projek van Vlooi by Artscape nie veilig kan plaasvind nie, maar saam met ons vriende het ons ‘n goeie oplossing gevind. Vlooi / Kipper Radio speel saam met Krazy Katz Produksies, Oxford University Press en Artscape Maandag 28 Junie tot Vrydag 02 Julie is “Vlooi en die Sneeuman” om 10:30 op Radio Sonder Grense (RSG) op die lug. Die towersleutel vat Vlooi en sy maats op ‘n avontuur na die suidpol, waar hulle pikkewyne en die sneeuman ontmoet! In “Vlooi en die Sneeuman” smelt die sneeu weens aardverwarming, en Kipper en sy vriende gebruik die toonsoort om die sneeuman en die pikkewyne te help.

ROBBIE DIE ROWWE ROT/UMABUZI OGADALALA

+- 5 MB elk

Chemie

8 Episodes

‘n Toevoeging tot die Stigting vir Bemagting deur Afrikaans (SBA) se belegging in die onderwys sluit sedert 2017 ‘n fokus op geletterdheid binne die sfeer van wetenskapontwikkeling in.
Die Chemie-projek word in samewerking met Stellenbosch Universiteit Departement Chemie (SUNCOI) Dit poog om die wêreld van wetenskap en die integrale praktiese aard daarvan aan leerders te openbaar. Dr. Rehana Malgas-Enus, van SUNCOI , bied die projek aan. Die videos is in 2021 opgeneem.

AFRIKAANS

ENGELS