parallax background

LEES IS ’N FEES

ZOË-LEESPROJEK:

’n Voorleesprogram vir graad R tot graad 3 om ’n liefde vir lees by kinders te kweek, aangebied deur opgeleide leesfasiliteerders uit die omgewing, wat terselfdertyd tot werkskepping bydra.

DIE KOKERBOOM/UKHALAKHULU:

’n Eg Suid-Afrikaanse kinderverhaal in Afrikaans/isiXhosa is vanweë die gewildheid daarvan herdruk as ’n storie-inkleurboek, met die doel om ’n liefde vir lees en die kreatiewe kunste onder jong kinders aan te wakker. Die boek is aangepas vir spesiale onderwys en in die amptelike SA tale, asook in braille en as ‘n oudio weergawe beskikbaar. Dit word ook spesiaal in Khoekhoegowab gedruk.

HANDBOEKVERTALING:

Dramatiese Kunste en Dansstudies Grade 10 -12 (Dramatiese Kunste is ook brailleer).

FUNDA-BUNDEL:

Dien as onderrigondersteuning dmv koerantbylaes vir onderwysers in die intermediêre fase. SBA Funda

KWAILAPPIES:

Die jaarlikse SBA-Nuusbrief, elke 6 maande.

ROBBIE DIE ROWWE ROT/UMABUZI OGADALALA:

’n Gekombineerde Afrikaans/isiXhosa-weergawe vir graad 6- en 7-leerders, wat die vorm aanneem van ’n byderwetse strokiesprentavontuur oor die lewe van ’n Mitchells Plain-rot. ’n Aangepaste weergawe met leë spraakborrels vir voltooiing deur leerders bied ‘n geleentheid vir kreatiewe geletterdheidsontwikkeling.

FATIMA:

’n Storie-inkleurboek in Afrikaans/isiXhosa/Engels/Arabies en braille oor ’n Moesliem-meisie van die Bo-Kaap en haar ervaring van die Islamitiese tradisie.

BEROEPSAKGIDS (WIKKEL MET WERKSOEK/QALA UKUFUNA UMSEBENZI/START THE JOB HUNT):

Bondige, praktiese riglyne om aansoek te doen vir werk, ook beskikbaar in braille.