Ramona Kock, storievoorleser by Pescodia Primêr in Kimberley, bied ʼn storiesessie in die buitelug aan.

Die SBA se Zoë-voorleesprojek deel al vir ’n dekade lank die vreugde van lees met kinders. Die jong sussies van Zoar, Zoë en Nasia Davids, se liefde vir lees en hul begeerte om boeke tydens hul eie storiesessies met maats te kon deel, was destyds die saadjie waaruit dié vlagskipprojek van die SBA ontwikkel het.

Die projek is daarop gemik om deur voorlesing die ervaring van lees-vir-genot onder jong kinders aan te moedig. Betrokke skole kry die geleentheid om gemeenskapslede as storievoorlesers te laat oplei, wat dan weekliks die vreugde van boeke kom deel deur interaktiewe voorleessessies.

Storievoorlesers se inisiatiewe om die afgelope jaar by Covid-19-uitdagings aan te pas het ons verstom. Groepe wat tydens gunstige weersomstandighede buite aangebied is, het nie net veiligheidsrisiko’s verminder nie, maar in ’n meestal gespanne skooldag afwisseling gebied en ʼn ruimte vir ontspanning geskep tydens storiesessies.

Ramona Kock, storievoorleser by Pescodia Primêr in Kimberley, bied ʼn storiesessie in die buitelug aan.

Ekstra moeite met rekwisiete en die skep van ’n fantasiewêreld het ook bygedra om die aandag af te lei van die feit dat leerders in die meeste gevalle nie hul kliniese skoolbanke kon verruil vir die intieme ruimte van die mat nie.

’n Totaal van 2531 leerders kon tydens die projektermyn vanjaar op ’n weeklikse basis deel vorm van storiesessies wat aangebied is deur 50 storievoorlesers by laerskole in die Kaap metro, die Diep Suide van die Kaap, Laingsburg omgewing, Bitou munisipaliteit, Stellenbosch en ook Kimberley.

Die projek is oudergewoonte vanjaar weer afgesluit met ’n sertifikaatseremonie waartydens deelnemers erkenning ontvang vir volgehoue entoesiastiese deelname en meelewendheid.

ʼn Boek-besoek aan Bersheba

Op 12 Oktober het die SBA die voorreg gehad om op uitnodiging van veteraan-aktrise Thoko Ntshinga ’n voorleeswerkwinkel aan te bied vir lede van die gemeenskap in Bersheba buite Kirkwood. Die uiteindelike doel is om ’n plaaslike storieklub op die been te bring om ’n liefde vir lees onder die gemeenskap se kinders aan te moedig en uiteindelik tot die algehele kwaliteit van geletterdheid by te dra. Die diverse taalgemeenskap van die omgewing skep boonop ’n wonderlike ruimte waarbinne leerders waardering vir ons multitalige samelewing kan ontwikkel.

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer

Avonturier se boek oor Afrika in Afrikaans

‘n Ontmoeting met honger hiënas, rotte en vlermuise vir aandete en die eindelose natuurskoonheid van Afrika. Dit is ...
Lees meer
Scroll to Top