Leerhulp: Geskiedenis
Verby is die dae wat alle kennis in boeke opgeteken is. Of jy nou Geskiedenis van graad 10 af neem en of jy Sosiale Wetenskappe van graad 4 – 9 doen, is hierdie webtuiste jou nommer een plek om meer inligting oor Suid-Afrikaanse geskiedenis te kry.
Daar is bronne wat opgedeel is volgens graad en ook tema. Gebruik die soekfunksie om die webtuiste soveel as moontlik te benut. Wat die webtuiste ook baie interessant maak, is dat daar baie primere bronne is.