Nicolette Pottas

Ouers het dikwels ’n moeilike tyd om hul tieners van hul selfone en sosiale media weg te hou, maar hierdie keer was beide vir ’n goeie doel ingespan.
Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans se Facebookblad het omtrent geblom met pragfoto’s van die natuur en snaakse uitbeeldings van idiome.
Talle leerders van sover as Upington, Noordwes en Gqeberha het vir die SBA se foto-kompetisie ingeskryf. Om aan die kompetisie te kon deelneem moes die leerders in graad 8 en 9 wees. Hulle moes dan enige idioom uit “Ons almal loop op dieselfde aarde” kies en uitbeeld en ’n foto van die uitbeelding neem. Daarna moes hulle die foto op Facebook laai en die SBA in die inskrywing tag.

Die foto-inskrywing met die meeste likes is die wenner van die kompetisie. In dié geval was dit Nicolette Pottas.

Nicolette is ’n graad 9-leerder by Hoërskool DF Malherbe in Gqeberha.
Die idioom wat sy uitgebeeld het was: om ’n klip vir iemand uit die pad te rol.
Daar was 14 ander inskrywings wat baie goed gedoen het.

Twee van die ander idiome wat naas Nicolette se idioom ook baie aandag getrek het, is die een van Sonell du Preez, ’n graad 9-leerder van Hoërskool Wesvalia in Noord -Wes en een deur Tyra Josephs, ’n graad 9-leerder van Saxonsea Sekondêr in Atlantis.

Sonell se foto is die uitbeelding van: “ om ’n grondbaadjie aan te trek” terwyl Tyra se foto uitbeeld dat elke donker wolk ’n silwer randjie het.

Die SBA is ongelooflik trots op almal wat ingeskryf het.
Hou asseblief ons sosiale media dop vir meer kompetisies en lekker pryse!

Hier is nog foto’s wat vir die kompetisie ingeskryf is. Kan jy raai watter idioom by watter foto pas? Gaan loer gerus by SBA publikasies.https://sbafrikaans.co.za/leerders-se-fotos-laat-sba-blom/

                                    

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer

Avonturier se boek oor Afrika in Afrikaans

‘n Ontmoeting met honger hiënas, rotte en vlermuise vir aandete en die eindelose natuurskoonheid van Afrika. Dit is ...
Lees meer
Scroll to Top