Kom vier Afrikaansdag (14 Aug) op Saterdag 15 Augustus met ‘n pretloop in die Bo-Kaap van onderskeidelik 4 km en 8 km. Die omdraaipunt vir die 8 km-roete is by die Noon Gun en bied ‘n verruklike uitsig oor Kaapstad!
Ons vertrek om 10:00 van die Boorhaanol Sentrum in die BoKaap. Volop Parkering in Buitengrachtstraat en binne die Christiaan Barnard Hospitaal-parkeerterrein. Almal wat die roetes voltooi, kry ‘n medalje, geborg deur die Afrikaanse Taalraad (ATR).
Inskrywingsgeld is R60 per persoon. Maar:
Familiepakket (2 volwassenes, 1 Kind of 2 kinders, 1 volwassene) = R60
Groep van 10 en meer = R20 per persoon
Kind = R20
Vanaf Maandag 3 Augutus kan jy daagliks van 08:00 tot 16:00 inskryf en registreer by die SBA-kantoor, TygerBurger, 3de verdieping, Bloemhof Gebou, Edwardstraat 112, (parallel met Willie Van Schoor Rylaan op pad na Tygervallei Sentrum).
Indien bogemelde reëling jou nie pas nie, kan laatinskrywings ook nog op 15 Augustus van 08:00 tot 09:30 by die Boorhaanol Sentrum gedoen word.
Lekker gratis vermaak deur klopse, rieldansers en sangers, asook prystrekkings by die eindpunt, waar ook watertand Kaaps-Maleise geregte te koop sal wees.
Besoek www.afrikaans.com en ons Facebook-blad, SBA–Sigbaar Afrikaans, vir meer inligting, inskrywingsvorms en kaarte van die roetes, skakel die SBA-kantoor of stuur ‘n e-pos aan stapvirafrikaans@gmail.com vir enige navrae.
Klik hier om `n .pdf-weergawe van die inskrywingsvorm af te laai