library-488690_1280

KABV Hulp

Voel jy soms oorweldig deur die nuwe kurrikulum? Voel jy die handboeke wat jy gebruik is nie goed genoeg nie? Gelukkig is daar bronne op die internet waar jy laerskoolinhoud verniet kan kry en hergebruik. Dis ook lekker omdat dit beide in Afrikaans en Engels is, so jy kan dieselfde werk met jou Engelse klasse doen (indien jy ook in Engels skoolgee.)

Die eerste webtuiste waar jy inligting kan vind is op e-classroom. Die webtuiste was geskep om hulpbronne te skep vir gebruik binne en buite die klaskamer. Alles is drukbaar en daar is hulpbronne vir Wiskunde, Engels, Natuurwetenskappe, Sosiale Wetenskappe, Lewensvaardighede en Skeppende Kunste.

Die hulpbronne op die tweede webtuiste, Siyavula, is dalk nie belyn met die KABV nie, maar bied uitstekende geleenthede vir remediëring en verryking. Jy kan ook modules vir meeste laerskool-, asook hoërskoolvakke daar vind in Afrikaans. Dit is ook gratis om te gebruik, uit te druk en te verander soos jy wil – onthou net om die bron aan te dui.

 

 

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

Studiebeurs: Honneurs in Afrikaans

Laai aansoekvorm hier af
Lees meer

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer
Scroll to Top