Danshandboek-290606087

Dramatiese Kunste Handboek

Leerders wat Dramatisese Kunste vanaf graad 10 tot 12 as vak neem, het die

geleentheid om dit vanaf 2016 in Afrikaans te doen.

 

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans het die behoefte aan hierdie projek

geïdentifiseer, aangesien hierdie handboeke tot op hede slegs in Engels beskikbaar

was en Afrikaanse leerders dus nie in hul moedertaal kon studeer nie. Via Afrika-

uitgewers, onder leiding van UH Christina Watson, was verantwoordelik vir die

vertaling. Die Afrikaanse Dramatiese Kunste handboek bestaan as aparte uitgawes

as Leerderboek en Onderwysergids.

 

Hierdie vertalings skakel nie net in met die SBA se Lees is ’n fees-veldtog wat fokus

op bemagtiging dmv letterkunde en lees nie, maar ook met die SBA se Kreatiewe

Kunste Ontwikkeling, aangesien dit die onderrig van Dramatiese Kuns as genre in

Afrikaans ondersteun. Dit is vir die SBA saam met Via Afrika, ‘n voorreg om die

uitvoerende kunste deur middel van die Afrikaanse taal te bevorder en sodoende

individue te bemagtig.

 

Danshandboek

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans is eweneens baie trots daarop dat die

Danshandboeke vir Grade 10, 11 en 12 so pas in Afrikaans verskyn het in aparte

uitgawes as Leerderboek en Onderwysersgids per graad.

 

Hierdie vertalingsinisiatief deur die SBA word ondersteun deur die Hiemstra Trust en

die boeke word uitgegee deur Cambridge University Press. Vantevore was hierdie

handboeke slegs in Engels beskikbaar en Afrikaanse leerders wat die vak neem, kon

dus nie in hul moedertaal studeer nie.

 

Deur middel van hierdie vertalings skakel die SBA se Lees is ’n fees-veldtog wat fokus

op bemagtiging dmv letterkunde en lees met die Kreatiewe Kunste Ontwikkeling,

aangesien dit die onderrig van Dans as ‘n kunstegenre ondersteun. Alhoewel Dans ‘n

woordlose uitdrukking is, is dit met groot vreugde dat die SBA op hierdie manier die

volle kunstespektrum in die Afrikaanse taal kan bemagtig.

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer

Avonturier se boek oor Afrika in Afrikaans

‘n Ontmoeting met honger hiënas, rotte en vlermuise vir aandete en die eindelose natuurskoonheid van Afrika. Dit is ...
Lees meer
Scroll to Top