Blog logo

Persoonlike bemagtiging wat daarop gemik is om te verseker dat alle individue hulle volle potensiaal bereik, vorm deel van die kern van Mandeladag. Weens die huidige inperkingsituasie het die SBA besluit om vanjaar op digitale wyse tot hierdie visie by te dra.

Die SBA het hierdie maand ter viering van Mandeladag ’n gratis aanlyn video beskikbaar gestel om jong werksoekers toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om sukses te behaal. Van die opstel van ’n CV, wat jy te wagte kan wees tydens ’n onderhoud, tot wat jy moet aantrek om die regte indruk te skep; bondige wenke wat die volle spektrum dek. Die video, getiteld Wikkel met Werksoek/Qala Ukufuna Umsebenzi/Start the Job Hunt, is in Afrikaans, Engels en isiXhosa beskikbaar.

Samewerking in die digitale sfeer is vir die SBA van groot belang en in vennootskap met Afrikaans.com is die Afrikaanse weergawe van die video ook ter viering van Mandeladag op hulle leerhulpplatform bekendgestel.

Die Wikkel met Werksoek-video is ook ’n waardevolle toevoeging tot die klaskamer waar onderwysers toenemend sinvolle maniere soek om digitale hulpbronne te benut. Die dinamiese aanbieding kan met gemak aangewend word om die afrolstukke en borde vol skryfwerk te vervang. Dit sluit ook aan by die SBA se mandaat om omgewingsbewuste gemeenskappe te skep en die onnodige gebruik van papier te probeer beperk.

Die multitalige werksoeksakgids, wat die basis vir die video vorm, het in 2016 die eerste keer die lig gesien. In die verlede is daar nagenoeg 10 000 gedrukte weergawes van die boekie in die Wes- en Oos-Kaap versprei.

In die Kantoor

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

Studiebeurs: Honneurs in Afrikaans

Laai aansoekvorm hier af
Lees meer

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer
Scroll to Top