Fanie Viljoen

(Oorspronklike artikel op LitNet)

Die bekende Suid-Afrikaanse skrywer, Fanie Viljoen, deel sy vyf wenke vir die skryf van `n kortverhaal. Viljoen is die outeur van talle tienerboeke en het onlangs sy eerste roman vir volwassenes gepubliseer.

  1. Gebruik hierdie eenvoudige formule om jou verhaal te beplan: Iemand wil iets hê, hulle kan dit nie kry nie, hulle probeer om dit te kry, uiteindelik kry hulle dit of hulle leer om daarsonder te leef. Tonne boeke, films en ander verhale is rondom hierdie formule gebou.
  2. Kry ’n goeie hoofkarakter(s). ’n Lekker manier om ’n karakter uit te dink, is om ’n foto op die internet te soek.Pinterest is wonderlik hiervoor. Hierdie meisie hou oulike foto’s van veral tienerkarakters.
  3. Kyk lank na die foto en laat die karakter vir jou vertel wie hy/sy is. Jy kan hom/haar selfs vrae vra asof dit ’n onderhoud is. Skryf sy/haar antwoorde neer.
  4. Jou openingsparagraaf moet die leser uitboul. Dit moet jou leser nuuskierig maak om verder te lees. As jy iemand nuuskierig kan maak, kan jy hulle lus maak vir lees.
  5. Jou slotparagraaf moet slim wees. Dalk kan hier ’n angel in die stert wees. Los jou leser met ’n WOW!-gevoel. Laat jou leser dink. Die beste verhale spoke lank na die tyd nog by lesers.

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer

Avonturier se boek oor Afrika in Afrikaans

‘n Ontmoeting met honger hiënas, rotte en vlermuise vir aandete en die eindelose natuurskoonheid van Afrika. Dit is ...
Lees meer
Scroll to Top