Sba 025

‘n Groep leerders van Matjiesfontein primêre skool en madrassas van drie Kaapse moskees is die afgelope naweek met ‘n erfenisviering-uitstappie na Tafelberg bederf.

Die leerders, altesaam 31, wat deur hul onderwysers vergesel is, was die eregaste vir die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans se derde animasieprent bekendstelling.

 Fatima, is een van die SBA se kinderboeke wat deur die Deense skrywer, Klavs Skovsholm, geskryf is. Martinus van Tee wat die inkleurprente vir die boek geteken het, het ook die animasiefilm ontwikkel.

Die kinderverhaal is eg Bo-Kaaps en vertel die storie  van ‘n jong Moesliemmeisie wat tydens ‘n uitstappie na Tafelberg haar eie avontuur het.  Die verhaal haak ook aan die oer-oue verhaal van ’n seerower, ene Van Hunks, wat glo tussen Duiwelspiek en Tafelberg gewoon het en lief was vir pyprook. 

Voor die animasieprent gespeel is, is al die gaste eers met die kabelkar na  Tafelberg. “Kyk daar is die sokker stadium! En Robbeneiland,” het van die leerders opgewonde uitgeroep terwyl van die ander weer mekaar vasgegryp het uit vrees vir die onbekende rit.

Toe die kabelkar uiteindelik weer op Tafelberg stop het die uitdrukkings van vrees die van algehele vryheid en vreugde geword.

Op die berg het van die SBA se direksielede stories oor die ryk erfenis van  Tafelberg en Kaapstad met die leerders gedeel.

Skovsholm het spesiaal van Denemarke gevlieg om  die bekendstelling van die animasiefilm by te woon.

Skovsholm sê dis vir hom as ‘n buitelander ‘n groot voorreg om in Suid-Afrika se Erfenismaand saam met die SBA, deel te kan he aan die erfenisvieringe.  “Suid-Afrika is wêreldberoemd vir die verskeidenheid mense wat in die land woon.”

Hy sê hy is bly dat hy die geleentheid gebied is om Fatima te kon skryf.

“Toe ek die storie geskryf het, het ek nooit kon dink dat ek eendag op Tafelberg sou staan om die animasiefilm oor die storie te kyk nie. Dit is vir my ‘n avontuur.”

Fatima Allie, ‘n voormalige direksielid van die SBA, het ook die leerders toegespreek. Allie het van die gebruike en kulturele aspekte van die Moesliemgeloof soos in die verhaal vertel, verduidelik.

Die onderwysers het na afloop van die dag se gebeure die SBA bedank. “Julle het nou rerig hulled ag gemaak. Dankie dat julle ons genooi het,” het Fatima Rose, die onderwyser by die Siddique Afternoon Maddrassa in Elsiesrivier, gesê.

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer

Avonturier se boek oor Afrika in Afrikaans

‘n Ontmoeting met honger hiënas, rotte en vlermuise vir aandete en die eindelose natuurskoonheid van Afrika. Dit is ...
Lees meer
Scroll to Top