home_betheme_post1

Die doel van hierdie projek wat fokus op graad 8-12 leerders, is primêr om diegene

met toneelspeltalent genoegsame blootstelling aan afrigting te gee en voor te berei

vir die Nasionale Toneelspelkompetisie vir Hoërskoolleerders. Dié kompetisie fokus

op individuele deelname. ’n Drama-opvoeder besoek skole in fokusareas en

identifiseer leerders met talent. Na oudisies word die gekose leerders vir ’n

spesifieke periode afgerig.

 

Die projek fokus sekondêr op die opvoeder wat by ’n skool geïdentifiseer en in die

proses geïntegreer word. Die SBA se visie is dat die betrokke opvoeder in die

toekoms self leerders sal kan begelei in die keuse van materiaal en afrigting om aan

nog leerders die geleentheid te bied om aan soortgelyke projekte deel te neem.

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer

Avonturier se boek oor Afrika in Afrikaans

‘n Ontmoeting met honger hiënas, rotte en vlermuise vir aandete en die eindelose natuurskoonheid van Afrika. Dit is ...
Lees meer
Scroll to Top