woeker2

Die SBA Woeker met Wiskunde in Kirkwood

Altesaam 94 onderwysers van die Oos-Kaap het die SBA se Woeker met Wiskunde-konferensie op 27 Augustus in Kirkwood bygewoon.

Die SBA is ‘n niewinsgewende organisasie wat hom daarop berus om geletterdheid deur Afrikaans te ontwikkel en terselfdertyd respek vir Afrikaans te bewerkstellig. Wiskunde word ook as ‘n vorm van geletterdheid beskou en daarom het hulle die afgelope ses jaar Wiskunde-ondersteuning in Afrikaans beskikbaar gestel deur middel van Woeker met Wiskunde konferensies.

Van Lill & Jovner Consulting Pty Ltd het namens die SBA en in samewerking met die Oos-Kaapse onderwysdepartement, die konferensie aangebid. Tydens die konferensie kry Afrikaanssprekende Wiskunde-opvoeders  kwaliteit opleiding. Die konferensie is om aan beide laerskool-en hoërskoolopvoeders nuwe vaardighede wat vooraf in areas van die Wiskunde-kurrikulum geidentifiseer is, oor te dra.

Die opvoeders word ook van hulpmiddels verskaf wat hy of sy op praktiese wyse in die Wiskunde-klaskamer kan aanwend.

Suma Jovner van Van Lill & Jovner Consulting Pty Ltd sê: “Onderwysopleiding word nog in Afrikaans gedoen. Woeker met Wiskunde is nie ’n reeks lesings nie, maar praktiese sessies met verskillende tegnieke om onderwysers te help om Wiskunde vir leerders te ontsluit. Die aanbieders werk almal in praktyk en weet dus wat dit beteken om in ’n klas te staan. Met so ’n dag wil ons weer onderwysers opgewonde maak oor Wiskunde, en anders laat dink oor die vak en hoe om dit in die klas aan te bied.”

Gerswin Cupido, projekte organiseerder van die SBA, sê Wiskunde is naas jou moedertaal die belangrikste vak op skool. “Dit is op elke gebied van jou bestaan nodig om ‘n volronde geletterdheidslewe te kan lei. Dit is juis om goed daarin onderleg te wees dat hierdie kongres aangebied word sodat die leerders gehelp kan word om wiskunde vreesloos met begrip te bemeester en om met toewyding, vaardigheid en ’n liefde vir syfers en simbole te kweek.”

Dit is die tweede Wiskunde-konferensie vir die jaar. Die vorige een is met groot sukses in Parkwood, Wes-Kaap gehou.

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

Studiebeurs: Honneurs in Afrikaans

Laai aansoekvorm hier af
Lees meer

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer
Scroll to Top