Kokerboom

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) se fokus om funksionele geletterdheid vir elke Afrikaansgebruiker te bring, het ’n nuwe platform betree deur sy eerste kinderboek, Die Kokerboom, ’n Kersstorie in ’n animasiefilm te omskep.

Die oorspronklike verhaal is in 2015 deur die Deense skrywer, Klavs Skovsholm geskryf. In vennootskap met die SBA is die verhaal spesiaal verwerk vir die Suid-Afrikaanse gehoor en in Afrikaans vertaal.

Die SBA se doel met die storieboek was om ’n liefde vir lees onder jong leerders aan te wakker en hulle te lei om vir ontspanning op hul eie te lees. Daarom is die boek ook met inkleurprente verryk en toe na isiXhosa, Engels, Khoekhoegowab, Sesotho en Kiswahili vertaal.

’n Verkorte weergawe van die boek is in al 11 amptelike landstale gedruk.

Die besluit om die kokerboomboek in ’n animasiefilm te omskep, het gekom na die SBA verneem het dat van die leerders by Langerug skool in Worcester weens leergestremdhede nie die storie kon lees nie.

Terseldertyd het die SBA se fokus na digitalisering uitgebrei en was dit die ideale geleentheid om die boek te animeer. Martinus van Tee wat die inkleurprente vir die boek geteken het, het ook die animasiefilm ontwikkel.

Die animasiefilm is tien minute lank met nuutgeskepte musiek om die storie groter trefkrag as net woorde te gee. Met hierdie animasiefilm wil die SBA verseker dat alle leerders se funksionele geletterdheid uitgebrei word en dat hulle tred hou met die tyd van tegnologiese voorliefde onder die jongmense.

Die SBA het ook twee ander kinderboeke, Fatima en Robbie die rowwe rot, gepubliseer wat binnekort ook as animasiefilms te sien sal wees.

Die storieboeke is as digitale lees- en inkleurboeke op die SBA-toep, SBA Reading, beskikbaar. Dit is ook gratis aflaaibaar op https://sbafrikaans.co.za/

  • Die SBA is ’n niewinsgewende organisasie wat fokus op funksionele geletterdheidsontwikkeling en onderrigondersteuning. Ons projekte word jaarliks aangebied binne ’n spesifieke geografiese fokus, hoofsaaklik in die plattelandse gebiede van die Wes- en Noord-Kaap.

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer

Avonturier se boek oor Afrika in Afrikaans

‘n Ontmoeting met honger hiënas, rotte en vlermuise vir aandete en die eindelose natuurskoonheid van Afrika. Dit is ...
Lees meer
Scroll to Top