corn-1857

Desember-flieks wat jy net eenvoudig móét sien

Hunger Games: Mockingjay, Part 1

Die derde fliek in die boek-trilogie beloof om weereens ‘n treffer te wees. Hunger Games: Catching Fire het op ‘n cliff-hanger geeindig waar Katniss Everdeen die Hunger Games vernietig het. Saam met Gale, Finnick en Beetee eindig sy nou op in die District 13 area, wat almal gedink het vernietig was. Sy het haar nasie geinspireer en word nou die simbool van rebellie aan haar mense.

Penguins of Madagascar

Almal ken die mal diere van Madagascar, Marty, Gloria, Alex en Melman. In hierdie spin-off draai die fokus weg van hierdie groep na die pikkewyne wat ook van die dieretuin ontsnap het. In hierdie fliek ontdek jy die skreeusnaakse geheime van die undercover voëls wat eintlik spioene is. Volg die avonture van Skipper, Kowalski, Rico en Private en sien hoe hulle die wêreld teen Dr. Octavius Brine, gaan red. Dís nou as hulle dit kan regkry…

Spud 3: Learning to fly

As jy nog nie die boeke gelees het nie – is dit hoogtyd. Twee van die wêreld se bekenste YouTubers speel in hierdie fliek – Troye Sivan en ons eie Caspar Lee! Spud hoop dat alles okei sal wees in sy senior-jaar by die skool. Vinnig kom hy agter dat sy grootste vyand terug is om hom te tart. Spud was nog nooit van te vore so onseker oor dinge nie – hy probeer sin te maak van Shakespeare, worstel met sy God en die afbrekende krag van negatiewe denke. Hy is ook vir ewig afgesit van vis en tjips nadat hy iets skokkend oor sy ouma, Wombat, uitvind…

 

Bronne:

IMDB

Wikipedia

 

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer

Avonturier se boek oor Afrika in Afrikaans

‘n Ontmoeting met honger hiënas, rotte en vlermuise vir aandete en die eindelose natuurskoonheid van Afrika. Dit is ...
Lees meer
Scroll to Top