Die SBA se bemagtigingsprojekte fokus ook op die gestremde persoon. Een van ons
fokusskole is die Pionierskool vir Blindes in Worcester. As deel van die SBA se
inisiatief om geletterdheid te bevorder, bied ons finansiële ondersteuning vir die
braillering van ‘n voorgeskrewe werk.