(Oorspronklike artikel in die George Herald)
Koos van der Merwe, wat ook vir ons Leonard Cohen in Afrikaans gebring het, stel een van die dae sy nuwe album bekend wat Bob Dylan lirieke in Afrikaans insluit. Van die liedjies waarna luisteraars op hierdie album na kan uitsien, is Mr. Tambourine Man, Blowing In The Wind, Make You Feel My Love en The Times They Are A-Changin.
Koos van der Merwe se basstem het wondere verrig vir sy Leonard Cohen in Afrikaans CD, en sy album het onlangs goue status bereik.
Tydens sy landswye toer het die album ‘n uitstekende ontvangs gehad, en dit het hom aangespoor om die vertaling van Bob Dylan se liedjies in Afrikaans te voltooi.
Na verskeie van die Leonard Cohen opvoerings het die gehoor gevra dat Van der Merwe ook die liedjies van Dylan sal vertaal.
Tydens ‘n onderhoud vertel Koos: “Dylan se liedjies het die mooiste woorde, hy is inherent ‘n sosiale kommentator, en die lirieke handel oor politieke verset, moord, liefde en dis dus seer gewigtig. Daar het ‘n groot verantwoordelikheid op my gerus om gestand te doen aan sy musiek wat uiteraard hulde bring aan hom sonder ‘n slaafse nabootsing.”