SBA shutterstock_155425973

Die Stigting vir Bemagtiging van Afrikaans (SBA) vier 15 Augustus 2015 Afrikaansedag met ‘n staptog in die Bo-Kaap vir Afrikaans. Hier is so paar belangrike punte om te onthou:

Jou inskrywingsnommer stem ooreen met een van 3 000 idiome wat spesiaal vir die pretloop saamgestel is. Sien jy uit om uit te vind watter idioom jy gekry het? Klik hier om die lys van idiome te besigtig.

Stapreëls:

  • Geen IDIOOM – geen MEDALJE.
  • Alle ouderdomme welkom, asook families met babastootwaentjies.
  • Kleuters en kinders onder die ouderdom van 10 jr moet vergesel word van ‘n volwassene.
  • Pad- en verkeersbeamptes moet te alle tye gehoorsaam word.
  • Rommelstrooi word streng verbied. Maak asb gebruik van die beskikbare geriewe.
  • Alle stappers wat die roetes voltooi, ontvang ‘n ATR-medalje.
  • Deelnemers neem op eie risiko deel aan Stap vir Afrikaans en vrywaar die organiseerders van enige beserings en/of ongelukke wat mag gebeur.
  • SBA en Itheko en enige borge en/of vennote kan nie verantwoordelik gehou word vir enige beserings, ongelukke of enige dergelike situasies wat kan gebeur as gevolg van deelname nie.

Algemene Inligting:

  • Alle deelnemers kry ‘n bottel water by die beginpunt.
  • Jive voorsien koeldrank by eindpunt.
  • Voldoende parkeerplek beskikbaar in Buitengrachtstraat en binne Christiaan Barnard Hospitaal-parkeerterrein.
  • Volg aanwysingsborde na parkeerruimtes.
  • Verversings te koop na afloop van die pretloop.
  • Alle deelnemers kan aan die gelukstrekking deelneem.
  • Pryswenners moet teenwoordig wees om ‘n prys te ontvang om 12:00.

Die wegspring punt is, 26 Pentz St, Schotsche Kloof, Cape Town, besigtig die kaart hieronder vir aanwysings.

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer

Avonturier se boek oor Afrika in Afrikaans

‘n Ontmoeting met honger hiënas, rotte en vlermuise vir aandete en die eindelose natuurskoonheid van Afrika. Dit is ...
Lees meer
Scroll to Top