Een van “die mees geleesde skrywers in Afrikaans” is Donderdagoggend op die ouderdom van 78 oorlede.
Ena Murray is op 27 Desember 1936 op Loxton, ‘n klein dorpie in die Karoo, gebore. Sy was die middelste van drie dogters en haar pa was die plaaslike geneesheer op die dorp. Volgens die uitgewer Jasmyn is dit waar Murray se belangstelling vir geneeskunde ontstaan het. Verskei van haar verhale het ‘n hospitaal as milieu.
Volgens Lux Verbi het Murray vir meer as 30 jaar heeltyds geskryf en 131 boeke het uit haar pen verskyn, waarvan talle topvekopers was. Sy is as een van “die mees geleede Afrikaanse skrywer” bestempel en sy het deeglik navorsing gedoen alvorens sy begin werk het aan ‘n nuwe roman.
Baie van Murray se werke het in grootdruk verskyn en is deur die Pionierskool in Worcester en deur Bandhulp vir Blindes in braille en band opgeneem.
Van haar bekende werke sluit in Oase van geluk, Ter wille van ons drome en Wag-‘n-bietjiebos van die liefde.
(Die artikel is aangepas uit Maroela Media)