Riaan Manser Boek 001

‘n Ontmoeting met honger hiënas, rotte en vlermuise vir aandete en die eindelose natuurskoonheid van Afrika.

Dit is van die avonture wat die Suid-Afrikaanse avonturier en motiveringspreker, Riaan Manser, tydens sy twee jaarllange fietstoer deur Afrika ondervind het.  Manser het trap-trap 34 500 kilometers afgelê en deur 34 lande gereis. Van die lande was gasvry terwyl ander minder gasvry of selfs gevaarlik was. 

Hy het op 25 November 2005 in die Kaap aangekom waarna die reis in ‘n boek genaamd “Around Africa on my Bicycle” gedokumenteer is. 

Volgens Manser se bemarkingspan is dit ook die fietstoer wat daartoe gelei het dat Manser in 2006 die titel van Avonturier van die jaar losgelaan het.

Die avonture is toe in ‘n kinderboek, My First African Adventure, vasgevang. Die boek is nou ook in Afrikaans beskikbaar en dis alles te danke aan die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans wat die vertaling befonds het.

Sandra Prinsloo, voorsitter van die SBA, het Manser op die radio hoor praat oor sy boek en die SBA versoek om dit in Afrikaans te laat verskyn.

Niel Le Roux, hoof van die SBA, sê: “Ons is baie trots dat ons die boek in Afrikaans kon kry want die huistaalkinders kan nou ook die genot van Afrika se veelsydige aanbod, ervaar.”

“Ons volgende stap is om die verklanking wat tans net in Engels is, in Afrikaans te laat opneem.”

Manser het op 21 September die SBA-huis in Bellville besoek en die stigting bedank dat hulle dit moonlik gemaak het vir die boek om in Afrikaans vertaal te word. “Ek was eers net opgewonde oor die feit dat die boek nou in Afrikaans gaan wees, maar toe gebeur iets anders by my. Ons staan almal en praat van die toekoms van Afrikaans en hoe dit gered kan word. Maar nou… nou kan ek deel wees van die mense wat ‘n oplossing kan wees.”

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer

Erfenis op Tafelberg

‘n Groep leerders van Matjiesfontein primêre skool en madrassas van drie Kaapse moskees is die afgelope naweek met ...
Lees meer
Scroll to Top