15082015***Kom vier Afrikaansdag (14 Aug) met dapper en stapper saam met ons op Saterdag, 15 Augustus met ‘n pretloop in die Bo-Kaap – die Dr. Achmat Davids-roetes van onderskeidelik 4 km en 8 km. Die omdraaipunt vir die 8 km-roete is by die Noon Gun en bied ‘n verruklike uitsig oor Kaapstad! Onderwys vorm die grondslag van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans se verskillende projekte wat geletterdheid bevorder deur middel van kennis, vaardighede en waardes, asook bykomende steun aan onderwysers. Die SBA-projekte behels o.a. Kreatiewe Kunste-Ontwikkeling, Lees is ’n Fees, Slypskole en Mentorskap. Om hierdie projekte te laat realiseer, word fondse daarvoor verkry deur te Stap vir Afrikaans! Photo by Nasief Manie.

Deelnemers stap Saterdagoggend deur die strate van die Bo-Kaap ter viering van Afrikaans. Die Stigting vir die bemagtiging van Afrikaans het die prettige staptog gehou om Afrikaansdag te vier. Die roetes was onderskeidelik 4km en 8km en elkeen wat die staptog voltooi het,  het ‘n medalje gekry. Gratis vermaak is ook langs die pad deur die Kaapse Klopse, rieldansgroepe en sangers gebied. Stappers kon hulself  ook aan die eindpunt met heerlike Kaaps-Maleise disse bederf.   Media_24_Sentraal-SK-DieBurger-SKNews001-008-4[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row]

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

Studiebeurs: Honneurs in Afrikaans

Laai aansoekvorm hier af
Lees meer

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer
Scroll to Top